My imageMy imageMy imageMy imageMy imageMy image

Welkom / Welcome



Hartlik welkom by ons geliefde organisasie, die Vrystaat Vroue Landbou-unie se webtuiste.

Welcome to the website of our beloved organisation, the Free State Women`s Agricultural Union.

VVLU is n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country.

ONTMOET VVLU SE NUWE PRESIDENT – ELSABÈ KOTZÈ

 

Ek is gebore in die Vrystaat en bring my kinderjare deur in Bloemfontein en later in Namibië. Na matriek, studeer ek Voedseldiensbestuur aan die Technicon OVS.  Ek is getroud met Bokkie Kotzè, ‘n boer in die Jagersfontein-distrik.  Ons het drie pragtige seuns, wat vir ons baie kosbaar is.  Ons oudste seun, WJ, is onlangs getroud en het ons ‘n liewe dogter, Esmari, ryker geword.  Heinrich studeer tans by Kovsies en Riaan, ons jongste, is in Graad 9.  My man en kinders deel my passie vir VVLU!  ‘n Voorreg waarvoor is ek ongelooflik dankbaar is!

Ek sluit in 2007 by Jagersfontein VLU aan, waar ek vir die afgelope 11 jaar die voorsitter is. 

Ek word in 2019 Area 10 se Uitvoerende Bestuurslid.

 Ek glo dat ‘n mens nooit te oud is om te leer nie!  Ek het geleer dat VVLU nie net daar is vir vroue wat alles kan doen nie.  Belangrike waardes wat ek in my jare by VVLU geleer het, is:    hou aan groei, want jy deel ervaring, kennis en talente met ander;

ontdek jou talente en ontgin deur gebruik te maak van jou vaardighede, kreatiwiteit en kunstigheid;

volhard tot jy wen, maar wees ook ‘n goeie verloorder;

omring jou met ‘n groep positiewe vroue wat jou kan opbou en ondersteun;

om met mense saam te werk, in moeilike tye saam te staan, mekaar en jou gemeenskap te dien;

om ‘n verskil te maak in ander vroue se lewens.

VVLU het baie meer as net vriendinne op my pad gebring!  Ek het die geleentheid gehad om my menswees en vrouwees uit te leef.

 

Baie dankie vir die voorreg om as VVLU se President verkies te word. Dankie vir die vertroue in my gestel.  Dit is ‘n wonderlike voorreg om betrokke te raak op hierdie spesiale manier. My pad as President is vir my ‘n uitdaging waarna ek opgewonde uitsien. Ek is dankbaar vir die geleentheid om terug te ploeg in die organisasie waarvoor ek lief is. Aan elke lid van die Uitvoerende Bestuur – baie dankie dat julle die pad saam met my gaan stap, sonder julle sal ek dit nie kan doen nie!

Ek glo VVLU hét steeds ‘n plek in die hede en die toekoms. Alhoewel die internet jou baie kan leer, skep VVLU ‘n omgee-omgewing, waar ons die geheime en kortpaaie kan leer. Die herbekendstelling van VVLU aan vroue, veral jong vroue, glo ek is baie belangrik. Die voortbestaan van ons organisasie hang van my en van jou af.  Positiwiteit is aansteeklik! Wees positief en opgewonde as jy oor VVLU praat en jy sal sien dat almal om jou, saam met jou positief is.

Elsabè skryf:

Ek het tydens die afgelope Kongres net weereens besef, om vrou te wees, beteken ongelooflik baie dinge. En wanneer ons as vroue saamstaan, is ons sterker as ooit. As ons iets doen, doen ons dit met passie en emosie.

Ek is so bevoorreg en dankbaar om soveel fenomenale vroue in my lewe te hê, vroue wat elkeen diep spore getrap het.

Mag elkeen van ons net weereens besef, dat jy, dierbare vrou, uniek is en dat jy met jou vrouwees ‘n verskil maak, aan die harte van die mense in jou lewe. Wees die vrou wat elke dag haar beste gee. Wees die vrou wat ander bemoedig en daar is vir ander. Wees die vrou wat nie groot dinge doen nie, maar doen wat sy kan, maar met groot liefde. Wees die vrou wat glo en bid, vir ander.

Geniet jou vrouwees, daar is niks wat ons as vroue nie kan bereik nie.  Ons moet net glo, in ons Skepper, in onsself en ons eie potensiaal.

Mag jy nooit vergeet: jy is baie meer spesiaal, as wat jy dink!

Liefde

Elsabè

 


                                                                      .

 

 

 

  Jaarverslae verskyn onder Dokumente.  

2023

Tema/Theme: “Jy is genoeg/ You are enough"

The annual FSWAU Congress was held at Sandstone Sleeper Estate on 6 & 7 September 2023

Photos by Ian van Straaten can be viewed in an Album.

Key note speaker: Dr Gustav Gous

 Project: Gift of the Givers

              Care bears 

Personality of the year: Derrich Gardiner, RSG Presenter

Evening entertainment: Jac de Priester

Second day

Keynote speaker: Johannes de Villiers


 

Educational Seminars were presented by mrs Alti J van Vuuren and mrs Sonja van Zyl on the following dates:

7 November 2023 Welkom contact  mrs Annette van der Merwe 073 142 5588

 8 November 2023 Bloemfontein contact mrs Winnie Ward 084 407 1139

9 November 2023 Bethlehem contact mrs Elize Pieters 083 447 -9081

 

Guidelines for articles to be made for 2025 appear on the Info page under Guidelines


The 2023 conferences were presented in the following towns/ cities in the Free State:

Photos can be viewed on the "Albums:" page

Area 1 Holfontein (Kroonstad) 22 Feb 2023

Area 2 Wilge-aand (Harrismith) 7 Feb 2023

Area 3 Reitz & Tweeling (Tweeling) 8 Feb 2023

Area 4 Zoutkop (Ficksburg) 9 Feb 2023

Area 6 Wesselsbron (Wesselsbron) 21 Feb 2023

Area 8 Jubileum (Welkom) 16 Feb 2023

Area 10 Koffiefontein (Koffiefontein) 18 Feb 2023

Area 11 Petrusburg (Petrusburg) 15 Feb 2023

  




Meer oor ons / About Us

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country.

Die doel van die VVLU is n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer. Read more >>

Kalender / Calendar

2023 Jy is genoeg VVLU tema

Vrystaat
2023-01-01-2024-01-12
Lees meer / Read more >>

2023 Conference/Konferensie Area 3

TWEELING
2023-02-08-2024-02-08
Lees meer / Read more >>

2023 Area 4 Conference/Konferensie

Ficksburg
2023-02-09-2024-02-09
Lees meer / Read more >>

2023 Area 11 Konferensie/ Conference

Petrusburg
2023-02-15-2024-02-15
Lees meer / Read more >>

2023 Area 8 Conference/konferensie

Welkom
2023-02-16-2024-02-16
Lees meer / Read more >>

2023 Area 10 Konferensie

Koffiefontein
2023-02-18-2024-02-18
Lees meer / Read more >>

2023 Area 6 Konferensie/ Conference

Wesselsbron
2023-02-21-2024-02-28
Lees meer / Read more >>

2023 Area 1 Conference/Konferensie

Kroonstad
2023-02-22-2024-02-22
Lees meer / Read more >>

2023 Wegbreek werksweek te Udolpho, Parys, Vrystaat

Parys, Free State
2023-05-08-2024-05-12
Lees meer / Read more >>

2023 Associated Country Women of the World

Kuala Lumpur
2023-05-18-2024-05-18
Lees meer / Read more >>

2023 Area 2 Conference/Konferensie

Harrismith
2023-09-07-2024-02-07
Lees meer / Read more >>



Lees meer / Read more >>

Contact Us

Naam / Name (* Verpligtend / Compulsory)

Email (* Verpligtend / Compulsory)

Telephone (* Verpligtend / Compulsory)

Message (* Verpligtend / Compulsory)

All fields are required.

We respect your privacy. By clicking Submit, you are consenting to us collecting and processing the Personal Information you have provided above in order for us to review and respond to your enquiry. For further information on our privacy practices, please review our Privacy Policy.





Read more >>