My imageMy imageMy imageMy imageMy imageMy image

Welkom / Welcome



Hartlik welkom by ons geliefde organisasie, die Vrystaat Vroue Landbou-unie se webtuiste.

Welcome to the website of our beloved organisation, the Free State Women`s Agricultural Union.

VVLU is n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country.

Elsabè Kotzè, VVLU President vertel:

Kaalvoet-dapperheid uit die Afrikaner geskiedenis.

 

Racheltjie De Beer en Wolraad Woltemade is volkslegendes.

Hulle  was helde en het ander se lewens gered.

Hul was sterk in tye waar ander swak was.

Hul was braaf in benoudheid. Hulle was dapper.

Wat beteken dapperheid nog? durf, moed, waagmoed, vreesloos, om geestelike of morele krag te hê,

Om gevaar, vrees of moeilikheid die hoof te bied.

Kaalvoet kan die volgende simboliseer = nederigheid, eenvoud, vryheid, volharding en anders te wees.

Lenie Retief, Emily Hobhouse, Johanna van der Merwe, Susanna Smit, om slegs n paar bekende name te noem.

Die name van gewone vroue wat buitengewone dinge met dapperheid aangepak het ter wille van oorlewing, en die heel belangrikste, uit liefde – liefde vir hulle mans en kinders, maar ook vir hulle medemens en land.

Ander name kan ook by die lys gevoeg word. Die name van jou eie ma, ouma en oumagrootjie

Vrouens in die Groot Trek is gekenmerk vir hulle dapperheid, deursettingsvermoë en moed.

Vrouens het ‘n belangrike rol tydens die ABO (Anglo -Boere-Oorlog) gespeel.

Tydens die Groot Trek moes Lenie Retief, Piet Retief se vrou, die tragiese nuus aanhoor dat haar seun, op die wreedste wyse moontlik vermoor is, terwyl haar man moes toekyk, en daarna self wreed vermoor is. Van die 15 kinders wat sy gehad het, het net vyf oorleef. Wat n hopelose situasie.Tog skryf dié dapper vrou vir haar broer hy moet vir haar n kissie vrugteboompies stuur, want sy wil plant, in die nuwe land.Ten spyte van omstandighede wat enigiemand se moed sou breek, behou sy vertroue en hoop.Sy wil plant. Om te plant, is n daad van hoop.

Jy glo die plantjie wat jy vandag plant, gaan in die toekoms sy skadu oor jou gooi.

Daar word vertel dat die vroue en krygsgevangenes wat tydens die ABO in konsentrasie- en krygsgevangenekampe aangehou is, groentetuine aangeplant het.

Na die oorlog was daar niks oor nie.

Vroue het hul kinders aan die dood afgestaan, plase was afgebrand en baie van die mans was nog oorsee in krygsgevangenekampe.

Nietemin is daar talle verhale opgeteken van vroue wat sonder perd of os geploeg en geplant het.

Slegs maande ná ’n verwoestende oorlog doen die vroue n daad van hoop: Hulle plant.

Die geslagte voor ons het in die moeilikste denkbare tye hoop gehad en geplant.

Selfs ons VVLU lied verwys daarna:

Uit een stuk is sy uitgekerf, die vrou van durf (dapper)...

Hande saai en plant, die saad van hoop en dankbaarheid...

 Die geloof en dapperheid van die Boerevroue en -kinders, in die tye toe hulle swaargekry het, het die respek van vriende sowel as vyande afgedwing.

Hulle het alles vir die behoud van vryheid opgeoffer. Talle van hulle het die hoogste prys betaal- hulle het gesterf.

 Susanna Catharina Smit was die Voortrekkervrou wat aan die Engelse offisier gesê het,

dat die Voortrekkers eerder kaalvoet terug oor die Drakensberge sal stap, as om onder Engelse gesag te staan

“Die Kaalvoetvrou”, ’n 1½ X lewensgrootte standbeeld deur Alfonso Smuts, van: ’n Voortrekkervrou staan vandag naby Bergville.

 Vandag is die Afrikanervrou steeds dié kaalvoetvrou al dra sy soms rooi hakskoene.

Sy is steeds die sterk vrou wat hand bysit om dinge te laat werk. Sy is die werkende ma, wat soggens vroeg opstaan om haar kinders se skoolklere reg te sit, kosblikke te pak en wat vanaand, ná n lang dag by die werk, met huiswerk help.Sy stel die voorbeeld van harde werk en sukses, en dra dit oor aan haar eie.Sy is die ma wat die sente omdraai, wat die winskopies raaksien en steeds geld oorhet om te spaar.

Tot ons weer gesels

Leef liefde

 

Jaarverslae 2023 verskyn onder Dokumente.  

2024

Tema/Theme: “Kaalvoet-dapperheid"

Barefoot courage

The annual FSWAU Congress will beheld at Sandstone Sleeper Estate on 4 & 5 September 2024

 

Educational Seminars were presented by mrs Alti J van Vuuren and mrs Sonja van Zyl on the following dates:

7 November 2023 Welkom contact  mrs Annette van der Merwe 073 142 5588

 8 November 2023 Bloemfontein contact mrs Winnie Ward 084 407 1139

9 November 2023 Bethlehem contact mrs Elize Pieters 083 447 -9081

 

Guidelines for articles to be made for 2025 appear on the Info page under Guidelines


The 2024 conferences were presented in the following towns/ cities in the Free State:

Photos  of  conferences can be viewed on the "Albums:" page

Area 1 Parys  07 Feb 2024

Area 2 Frankfort 06 Feb 2024

Area 3 Waterbron/ Bethlehem 8 Feb 2024

Area 4 Clocolan 15 Feb 2024

Area 6 Port Allen/ Welkom 22 Feb 2024

Area 8 Ventersburg 21 Feb 2024

Area 10 Reddersburg 14 Feb 2024

Area 11 Jacobsdal 13 Feb 2024

  




Meer oor ons / About Us

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country. Different themes cover a wide spectrum of life and ablities. Read more >>

Kalender / Calendar

2024 Area 2 Konferensie/Conference

Frankfort
2024-02-06-2024-12-06
Lees meer / Read more >>



Lees meer / Read more >>

Contact Us

Naam / Name (* Verpligtend / Compulsory)

Email (* Verpligtend / Compulsory)

Telephone (* Verpligtend / Compulsory)

Message (* Verpligtend / Compulsory)

All fields are required.

We respect your privacy. By clicking Submit, you are consenting to us collecting and processing the Personal Information you have provided above in order for us to review and respond to your enquiry. For further information on our privacy practices, please review our Privacy Policy.





Read more >>

Ons Borge / Our Sponsors

Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU)
The Associated Country Women of the World
Vroue Landbouvereniging van Kaapland
Vrystaat Landbou