Meer oor ons / About Us

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country. Different themes cover a wide spectrum of life and ablities.

Die doel van die VVLU is n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.

Ons is n nie-winsgewende organisasie wat ons beywer vir volwasse onderrig aan vroue. Ons het Afrikaanssprekende, sowel as Engelssprekende lede. Selfs n paar mans was braaf genoeg om hulle by ons aan te sluit. Die Temas wat gedek word, is:

  • Vandag se vrou, (Woman of today)
  • Interieur, (Interior)
  • Naaldwerk, (Needlework)
  • Pak jou tas (toerisme),
  • Aktuele sake, (Topical matters)
  • Leefstyl, (Lifestyle)
  • Welwillendheid,(kindness, goodwill)
  • Kreatiwiteit (Creativity)

Die vrou, in haar geheel is vir ons baie belangrik in die uitdagende tye waarin ons vandag leef en ons streef daarna om deur kursusse, seminare, konferensies, kongresse, net die beste in elke vrou na vore te bring.

In 2023 brei lede "Omgee beertjies" wat aan skoolkinders gegee word met die boodskap "Jy is genoeg"

 

Ons is trotse en hardwerkende vroue en omgee vir almal wat minder as ons het, is en sal altyd vir ons n passie wees.

 

Anel Grobbelaar het n artikel oor die ontstaan van Petrusburg se biblioteek voorgelees wat in die dorpskoerant, Die Petrusburger, gepubliseer is. Die biblioteek het ontstaan as baba van die plaaslike VLU tak begin in die 1920’s. n Groot staalmandjie met slotte is van die provinsiale biblioteek verkry en per trein na Petrusburg gestuur. Die sekretaresse van die VLU was ook die bibliotekaresse wat boeke uitgeleen het. Dit het groot byval in die dorp gevind en kort voor lank moes die boekversameling vergroot word.

Daar was groot konsternasie in die dorp toe van die boeke weggeraak het en die dames van die VLU het toe n konsert gehou om fondse in te samel sodat die verlore boeke vervang kon word. Daar is besluit om die boeke te huisves in ‘n gedeelte van die koöperasie en oom Jantjie Kruger is as bibliotekaris aangestel. Oom Jantjie vertel dat kinders nie toegelaat is om boeke uit te neem nie, maar ‘n boerkind maak’n plan en oom Jantjie het van die leesgierige kinders toegelaat om tog wel boeke uit te neem.

Die koöperasie het uitgebrei en die biblioteek is verskuif na n kamer in die seunskoshuis, Straletta, en toe na Mnr Soon Jacobs se winkel, ”Ons dien.” Daarna het oom Tom du Toit bibliotekaris geword en is die boekversameling gehuisves in “Issie se fietswinkel”. Oom Tom was ‘n baie bekwame bibliotekaris en storie-ure en poppespele is in die middag vir die kinders gehou. Oom Tom moes die tuig weens siekte neerlê. Weer word die biblioteek verskuif na die ou Barclays Bank. Die munisipalieit bou toe n nuwe gebou langs die stadsaal. Toe die gebou te klein word het die Provinsiale raad in 1992 ‘n nuwe gebou opgerig langs die munisipale kantore waar die biblioteek vandag nog is.

Die biblioteek in Petrusburg het gegroei van n trommel boeke tot ongeveer 17 000 boeke huidiglik. Die VLU het ‘n groot rol gespeel in die kulturele ontwikkeling en opvoeding in die platteland en doen vandag nog so met boekbesprekings en kultuuraande.

 

  





Ons Borge / Our Sponsors

Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU)
The Associated Country Women of the World
Vroue Landbouvereniging van Kaapland
Vrystaat Landbou