2021 FSWAU Congress - Bloemfontein

Die jaar 2020 het almal geleer dat dit wat ons as ‘normaal’ beskou het, totaal en al verander het en VVLU lede hét aangepas daarby.

Toe 2021 aanbreek hoor VVLU –lede dat daar nie minder as twee kongresse in September te Sandstone Sleeper Estate gehou sou word nie. Alle Covid prokokolle sou gevolg word asook tente met video skerms. Dit sou sorg vir die nodige beperkinge op getalle asook sosiale afstande wat gehandhaaf moes word.

Die afwagting verander in werklikheid en op 8 September 2021 begin Kongres 2020, VVLU se 90ste Kongres, met prag en praal. Dames, uitgevat in hulle allerbeste, daag op om nie net Kongres te hou nie, maar ook om VVLU se 90ste verjaarsdag met ‘n uithang partytjie saam met ons president, Gerda Pienaar,te vier.

 ‘n Saal versier met spierwit orgideë begroet kongresgangers en nadat die kongres as gekonstitueer verklaar is, open Ds. Petrie Spies van Bloemfontein met ‘n boodskap uit Speuke 4:23 en Filipense 4:8. Die opening word deur die pragtige sang van Chris Dust afgerond.

Die notule van VVLU Kongres 2019 word as korrek aanvaar.  Alle gaste word verwelkom, die Herinnerskers  aangesteek en toe vertel Tharina Rossel, SAVLU President, kongresgangers dat herinneringe die innerlike fotos is wat jy kies om met jou saam te neem.

Magdie de Kock, WBPV (ACWW) Wêreldpresident, lig die voordele van inperking uit: meer tyd met jou familie en die geleentheid om tegnologies te ontwikkel. 

Groeteboodskappe word oorgedra deur Francois Wilken (Vrystaat Landbou), Leanda le Cornu (SAVLU Argivaris), Ina Booyse (SAVLU Vise-president), Snoekie Erasmus (VLV Kaapland) en Ria Strydom (President VLU Noord).

Kongres groet uittredende Uitvoerende Bestuurslede en verwelkom nuwe UB-lede in Areas 8 en Area 11. Uittredene Beoordelaars word ook bedank en een nuwe Beoordelaar word op die paneel verwelkom.

VVLU se Gedenk/ Geskiedenisboek 1981 – 2020 word bekendgestel waarna mnr Igno van Niekerk op sy gebruiklike ligte manier kongresgangers se geheue toets.

Toe volg die uitsonderlike 90ste verjaarsdagpartytjie. Mev Frieda Zerwick, ere- president VVLU en Rebe Roberts, 90 jaar oud en steeds ‘n VVLU lid, sny die verjaarsdagkoek en die  lede smul!

Na die heerlike verversings, sing almal die pragtige VVLU-lied en Tertius Lötter lewer die ge-ouditeerde finansiële verslag.

Me Christelle Basson, verteenwoordiger van OVK, ‘n hoofborg,herinner almal dat ons saam meer bereik.

It was time for Gerda Pienaar, FSWAU President to deliver her annual report which she did with her usual flair. Important events were highlighted and the report was accepted by H Scheepers and seconded by E Brits. Her very comprehensive report was placed on the FSWAU’s official website www.vvlu.co.za and members were encouraged to visit this dynamic site regularly.

Five resolutions were discussed and accepted by Congress after which Sarie Knoetze very ably dealt with the competition prizes for 2020.

The first session of Congress was adjourned and participants were invited to view the competition articles.

The evening function was filled with all the elements that make such an event a success - a smartly decorated venue, good food and the company of friends. A young, handsome and talented Willem Botha entertained the guests until curfew forced everyone, very reluctantly, to their rooms.

The second session on 9 September 2021 was opened by Schalk Zastron who used a passage from Mathew 5. His message was followed by him singing the “Onse Vader” acapella.

Nerine Erasmus from Drakensville ATKV, another main sponsor, delivered a message after which the keynote speaker, Ivor Price, highlighted the role of women in agriculture.

Die kantoorprojek vir 2021 is om Helpende Hand van Solidariteit se skooltassie projek te ondersteun en Kobus Venter het die feit dat die organisasie meer as 6000 tassies gevul met skryfbehoeftes jaarliks aan behoeftige graad een kinders verskaf uitgelig.

‘n Nuwe digitale tydskrif, Die Landbouer, is bekend gestel waarna Fanie Viljoen, jeugskrywer en VVLU se skrywer van die jaar, aan die woord was met sy ongelooflike verbeelding wat hy met sy skrywerstalent in kinderboeke vervat.

Na tee en verversings was Wilhelmina van Kokkedoorfaam aan die woord. Haar koekbak -en versiervernuf het kongresgangers laat lippe aflek.

Die bespreking van nog 4 beskrywingspunte het gevolg, daarna is 8 ATKV pryse aangekondig en toe was dit tyd vir die prysuitdeling,’n hoogtepunt van enige Kongres.

VVLU se President het die nodige bedankings gedoen en na die tafelgebed kon kongresgangers eers ‘n ligte middaete geniet voordat hulle huiswaarts gekeer het.

So het  twee uitsonderlike Kongresse tot ‘n einde gekom en kon lede groet tot aanstaande jaar


Click on photo to view actual photos/enlargements.

Meer / More Albums